Arbeid in die Koninkryk

Studie #31

Is my arbeid die moeite werd?

Soms doen ons iets vir iemand wat lyk asof dit glad nie waardeer of selfs opgemerk word nie. Dan wonder ‘n mens of dit wat jy in goeder trou doen, enigsins die moeite werd is. Maak dit ‘n verskil, of beteken dit iets vir iemand anders?

“Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.”

1 Korintiërs 15:58

Neem kennis dat niks wat ons doen die Here se oog ontgaan nie! Hy sien alles, die goeie en die slegte.

“…God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink.”

Handelinge 10:4

“Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.”

Titus 2:14

3As jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, 4sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”

Matteus 6:3-4

“Elkeen wat vir julle ‘n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker ek julle.”

Markus 9:41

Dit is God se plan dat ons Sy hande en voete hier op aarde sal wees. Hy het selfs gesterf 

sodat ons vry van sonde kan wees; daarom kan ons die goeie nuus omtrent Jesus met die wêreld deel. Met ons oë op Hom gevestig, moet ons ‘n lewe van diensbaarheid lei, sodat ‘n verloregaande wȇreld Hom kan sien.

Slotsom 

Laat ons dan alles wat ons doen van harte doen, asof vir die Here en nie vir mense nie. Jou linkerhand moet nie weet wat jou regterhand doen nie, en jou Vader sal jou beloon. Dit is altyd die moeite werd!

Al die Skrifte is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders vermeld.