Beloning

Studie #21

Kan ons as gelowiges reeds hier op aarde beloning verwag?

“As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.”

Hebreërs 11:6

God is die beloner. Die woord “beloner” kom slegs een maal in die Nuwe Testament voor en beteken dat Hy ‘n uitgermatige beloner is.

Is beloning slegs geestelik van aard?

Nee, dit is van toepassing op elke faset van ons lewens, reeds hier op aarde.

In 1 Samuel 17 lees ons hoe Dawid by die gevegslinies gearriveer het, terwyl Goliat die Israelite verkleineer, hulle uitgedaag, en God beledig het. Die Israeliete was baie bang vir die Filistyn en het weggehardloop.

Koning Saul het n omvattende beloning  aangebied vir die man wat Goliat kon verslaan. Dawid het by drie verskillende mense gehoor wat die beloning sou wees. 

Die beloning

  1. Hy kry die dogter van die koning as vrou.
  2. Hy en sy familie word van alle belasting vrygestel.
  3. Hy sou baie rykdom ontvang.

HIerdie beloning het Dawid se hele lewe verander. As skoonseun van die koning, het hy, naas die koning, die meeste aansien van die volk geniet. Sy hele familie is ook van belasting vrygestel, wat opsigself ‘n groot voordeel is en daarby sou hy baie rykdom ontvang. Sy hele familie is deur hom geseȅn.

Slotsom

Net so verander die seȅn van die Here ons lewens. Ons Vader wil ons seȅn.

“Dit is die seȅn van die Here wat rykdom bring, jou geswoeg laat dit nie meer word nie.”

Spreuke 10:22.

“Die Here verheug Hom oor die voorspoed van sy dienaars.”

Psalm 35:27 (vry vertaal uit die Amplified Classic vertaling)

Alle skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders aangedui.