die doop van 'n gelowige

Hoekom moet jy gedoop word?

  1. Dit is ‘n bybelse beginsel: “En Petrus së vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot die vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” – Hd 2:38 AOV
  2. Ons volg die voorbeeld van Jesus: “En nadat Jesus gedoop is, het Hy dadelik uit die water geklim…” – Matt 3:16 AOV

Wie moet gedoop word?

Diegene wat glo en bely dat Jesus die Seun van God is en wat Hom as hulle Saligmaker aangeneem het.“Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.” – Hd 8:37 AOV

Wanneer moet jy gedoop word?

Die eerste moontlike geleentheid. Dit is ‘n duidelike opdrag, daarom jy het geen verdere openbaring nodig nie. 

“En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.En hulle het aan hom die Woord van die Here verkondig en aan almal wat in hulle huis was, En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddelik gedoop, hy en al sy mense.” – Hd 16:30-33 AOV 

Hoe moet jy gedoop word?

Jy moet onderdompel word, dus word jy totaal onder die water “begrawe”. Die Griekse woord wat gebruik word vir die doop, is “baptizo”, wat letterlik beteken om te onderdompel. Dit is die Bybel se manier om gedoop te word. Dit is ‘n teken dat jy saam met Christus “begrawe” is en ook saam met Hom opgestaan het.

Is dit belangrik om gedoop te word?

Ja, in Handelinge 2:38 vind ons die direkte opdrag: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word, in die Naam van Jesus Christus.”