
Die krag van woorde
Studie #8
“Dood en lewe is in die mag van die tong en elkeen wat dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet.”
Spreuke 18:21
Elke negatiewe woord trek mislukking in jou lewe in en elke Geesvervulde woord trek lewe en sukses in jou lewe in.
Joshua word aangemoedig om op die Woord van God te fokus.
“Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.”
Joshua 1:8
Ons moet ook die woorde in geloof uitspreek:
“Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. 23Want, voorwaar ek sȇ vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sȇ: Hef jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat jy sȇ sal gebeur – hy sal verkry net wat hy sȇ.”
Markus 11:22-23 (1953 vertaling)
“Alles het ore”
Ek haal gedeeltes aan uit Esegiël 37:1-10:
“1Die mag van die Here het my in besit geneem en my deur die Gees van die Here in ‘n laagte neergesit. Die laagte was vol bene en hulle was baie droog…. 3Toe vra Hy vir my: “Mens, kan daar in hierdie bene weer lewe kom?” Ek het geantwoord: “Nee, dit weet net U, Here, my God.”
4Hy sȇ toe vir my: “Tree op as profeet vir hierdie bene en sȇ vir hulle: “Hoor die woord van die Here, droȅ bene!… 5Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe. 6Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe….
9Toe sȇ die Here vir my: “Praat nou as profeet met die gees en sȇ vir die gees: Kom uit die vier windstreke en blaas in hierdie dooies in dat hulle kan lewe.” 10Ek het as profeet opgetree soos die Here my bevel het, en toe kom die Gees in hulle, en hulle lewe en gaan staan regop. Dit was ‘n baie groot menigte.”
Esegiël 37:1, 3-6, 9-10
Hier word die toepassing van die krag van Geesvervulde woorde duidelik gedemonstreer. n Menslik onmoontlike situasie (dooie bene) word omgekeer deur Geesvervulde woorde daaroor te spreek. Dit is ook noodsaaklik om te sien dat hierdie ‘n proses is, wat beteken dat ons moet aanhou om die Geesvervulde woorde te spreek, totdat hulle in die vlees manifesteer.
Stappe om reg te begin praat
- Neem die besluit om woorde te gebruik wat lewe gee.
- Bestudeer die Bybel en bid vir wysheid. Spreek dan, in geloof, Geesvervulde woorde van lewe in elke situasie. Hou aan daarmee, totdat die uitkoms bereik word.
Slotsom
“… Ek is wakker oor my Woord om dit te volbring”
Jeremia 1:12 (1953 vertaling)
Alle Skrifgedeeltes is uit die 1983 vertaling aangehaal, tensy anders vermeld