Kan ek die Here hoor praat?

Studie #36

Dink God regtig aan my?

5Wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon,”

Psalm 8:5,6

“Wat is die mens dat U soveel van hom maak, dat U hom so op die hart dra?”

Job 7:17

Beide skrywers vra waarom God se gedagtes vol van ons is, ons wat slegs mense is. Daarop is geen duidelike antwoord nie, maar talle skrifte vertel van God se liefde vir ons, Sy voordurende betrokkenheid in ons lewens en dat Hy ons op die hart dra.

1Here U sien dwarsdeur my, U ken my. 2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.”

Psalm 139: 1,2. 

13U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my Moeder. 16U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. 17Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!”

Psalm 139:13,16,17.

“Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.”

Mattheus 10:30

“Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.”

Jesaja 46:4 

Slotsom

Al is jy vir niemand kosbaar nie, al voel dit of niemand jou liefhet nie, onthou: God dink aan jou, Hy het jou oneindig lief en sal jou nooit verwerp of verlaat nie. 

“…Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.”

Sefanja 3:17

“Ek weet wat Ek vir jou beplan: voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir jou ‘n toekoms gee, ‘n verwagting.”

Jeremia 29:11

Sy gedagtes oor jou is GOED!

Al die Skrifte is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders vermeld.