Kan ‘n mens God se genade misbruik?

STUDIE #11

Ons hoor dikwels dat mense sȇ: “Moenie my veroordeel nie. Ek kan doen wat ek wil, want Sy genade is genoeg.”

Is dit hoe God Sy genade sien?

Nee, verseker nie. In die brief van Judas word lesers aangespoor om getrou te bly aan hulle geloof in God soos die apostels vir hulle geleer het, juis nadat dwaalleraars hulle geledere binnegedring het:

“Sekere mense het julle geledere binnegedring, goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vas staan. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus.”

Judas 1:4

Genade leer ons om ‘n sondige leefstyl te verwerp en ‘n goddelike leefstyl aan te kweek:

11Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. 12Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wȇreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wȇreld te leef.”

Titus 2:11-12

1Wat moet ons nou hiervan sȇ? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? 2Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? 15Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie, maar onder die genade? Beslis nie.”

Romeine 6:1-2, 15

Ons is gered deur genade, maar die genade is nie ‘n vrypas tot ‘n sondige lewe nie, in teendeel, dit stel ons juis in staat om ‘n goddelike lewe te lei:

9Iemand wat ‘n kind van God is, sondig nie meer doelbewus nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy ‘n kind van God is. 10Hieraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.”

1 Johannes 3:9-10.

Slotsom

Dus: ek is gered deur Sy genade en deur Sy genade gee Hy nou vir my ‘n nuwe natuur – ‘n natuur wat nie meer wil sondig nie. Deur Sy genade is ek vrygemaak van die mag van sonde, sodat ek volgens Sy wil kan leef. Daarom handhaaf ek nie meer ‘n sondige leefstyl nie, maar begin volgens my nuwe natuur te leef. Indien ek sou sondig, is Sy genade daar om my te vergewe en in staat te stel om weer op die regte pad te kom. 

9Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.”

1 Johannes 1:9

UIt die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders gemeld.