
Lofoffer
Studie #17
Wat is ‘n lofoffer?
Wanneer omstandighede moeilik is en ek ‘n wilsbesluit neem om lof en dank aan God bring vir wie Hy is, ongeag omstandighede en behoeftes, praat ons van ‘n lofoffer.
“Verbly julle altyd in die Here. Ek herhaal: Verbly julle.”
Filippense 4:4 (1953 vertaling)
Kom ons ondersoek die hoof aspekte in die teks:
- Verbly: die besluit om jou blydskap te behou.
- Altyd: onder alle omstandighede.
- In die Here: die bron van my blydskap is my verhouding met die Here.
Wanneer omstandighede gunstig is, is dit maklik om jouself te verbly in die Here. Die uitdaging kom wanneer die omstandighede moeilik is. Dit is wanneer dit van waarde is om ‘n doelbewuste besluit te neem om jou blydskap te behou,
Hier is ‘n goeie voorbeeld van wat dit beteken om jouself te verbly:
”23Nadat hulle baie geslaan is, is hulle in die tronk gegooi, en die bewaarder het opdrag gekry om hulle streng te bewaak…. 25Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing.”
Handelinge 16:23,25
In die volgende teks stel Jesus die volmaakte voorbeeld van wat dit beteken om ‘n lofoffer aan God te bring:
“…Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.”
Hebreërs 12:2
Hierdie is God se belofte wanneer ons aan Hom ‘n lofoffer bring:
“Hy wat ‘n lofoffer aan God bring, eer Hom en Hy sal hom red.”
Psalm 50:23 (Vry vertaal uit die Amplified Plus vertaling)
Slotsom
‘n Lofoffer is vir God ‘n bewys van ons opregte liefde vir Hom.
“Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ‘n offer van lof bring…”
Hebreȅrs 13:15
Alle Skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal, tensy anders vermeld.