Mag gelowiges doelbewus aanhou sondig?

Study #27

Is dit waar?

Is dit waar dat ‘n gelowige mag aanhou sondig, omdat God se genade genoeg is? Nee, beslis nie! Dit is ‘n verdraaiing van die betekenis van God se genade.

“…Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here Jesus Christus.”

Judas 1:4

Wat beteken sy genade dan ten opsigte van sonde?

Dit is ‘n feit dat almal sondig. Die volgende skrifte verwys egter na sonde in die normale gang van die lewe, en nie ‘n doelbewuste sondige leefstyl nie. En ja, hier is genade en vergifnis.

“Almal het gesondig en is ver van God af.”

Romeine 3:23

8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 9Maar as ons ons sonde bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.”

1 Johannes 1:8-9

Die genade van God stel ons in staat om vergifnis te soek en te verkry wanneer ons bewus raak van sonde in ons lewens. ‘n Verdere aspek van Sy genade, is juis die vermoȅ wat ons deur die krag van die Heilige Gees ontvang om nie te wil sondig nie. Wanneer ons wedergebore word, word ons in die gees werklik ‘n nuwe skepping en vervul met die krag van die Heilige Gees, kan ons nou wegstap van ‘n sondige leefstyl, want dit is nie meer wie ons is nie. Ons is nou nuwe skepsels in Christus.

1…Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? 2Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? 14Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.”

Romeine 6:1,2,14.

6Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie. 9Iemand wat ‘n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy ‘n kind van God is.”

1 Johannes 3:6,9

22Hou dan op om te lewe soos julle vroeër geleef het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. 23 Julle gees en gedagtes moet nuut word. 24 Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is. Lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.”

Efesiërs 4:22-24

Slotsom

Die ware gelowige poog om sy nuwe identiteit in Christus uit te leef. Daarom kan ons verklaar: “Sy genade is vir my genoeg.”

Al die Skrifte is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders vermeld.