Na Sy beeld en gelykenis – deel 1

Studie #38

“En God het gesȇ: Laat Ons mense maak na ons beeld, na Ons gelykenis…”

Genesis 1:26 (1953 vertaling)

“Laat ONS mense maak.”  Uit hierdie skrif blyk dit baie duidelik dat God van die drie-eenheid praat, Vader, Seun en Heilige Gees.

“Hoor Israel, jou God is ‘n enige Here.” In die Engels is dit: “God is One.”

Deuteronomium 6:4 (1953 vertaling)

Met ander woorde, die God in wie ons glo, is drie in een. Indien een van die drie-eenheid nie erken word nie, het ons die verkeerde god beet. Dit is dus baie belangrik om te meld dat ons in die Vader, Seun en Heilige Gees glo, net soos wat God dit in bogenoemde twee tekste beklemtoon. 

Wat beteken dit om na God se beeld en gelykenis geskape te wees?

Ons gaan drie aspekte bespreek:

  1. Om te glo soos Hy glo.
  2. Om te wees soos Hy is.
  3. Om te leef soos Hy leef.
  1. Om te glo soos Hy glo

Wat glo Hy van Homself?

14Toe sȇ God vir Moses: Ek Is wat Ek Is. Jy moet vir die Israeliete sȇ: Ek Is, het my na julle toe gestuur. 15…Dit is my ewige Naam, dit is die Naam waarmee Ek aangeroep moet word van geslag tot geslag.”

Eksodus 3:14-15

“…Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde….”

Openbaring 21: 6

“…Ek is die brood van die lewe.Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.”

Johannes 6:35

“…Ek is die lig vir die wȇreld. Wie My volg sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hȇ wat lewe gee.”

Johannes 8:12

“Ek is die deur, as iemand deur My ingaan, sal hy gered word….”

Johannes 10:9

11Ek is die goeie Herder. Die goeie Herder lȇ sy lewe af vir sy skape.14Ek is die goeie Herder. Ek ken my skape en my skape ken My.”

Johannes 10:11,14

“…Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook…”

Johannes 11:25

“…Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie….”

Johannes 14:6

1Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 5Ek is die wingerdstok en julle is die lote. Wie in My bly en Ek in Hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”

Johannes 15:1,5

In bogenoemde skrifte openbaar God Hom aan ons en verklaar Hy wie Hy werklik is. Hoewel daar nog vele ander skrifte is waardeur God Hom aan ons openbaar, gee hierdie vir ons alreeds ‘n goeie beeld van wie Hy is.

Wat glo Hy van ons?

5Wat is die mens dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon.7 U laat hom heers oor die werk van U hande, U het alles aan hom onderwerp…”

Psalm 8:5-7

“Die Here het sy volk in die woestyn gevind… Hy het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog.”

Deuteronomium 32:10

“…Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou…”

Sefanja 3:17

“Want so lief het God die wȇreld gehad, dat Hy sy enige Seun gestuur het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hȇ.”

Johannes 3:16

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

Filippense 4:13

God glo dat ons:

  1. sonde kan oorwin
  2. lewensveranderde krag dra wanneer ons Sy woorde spreek
  3. dieselfde, en selfs meer, kan doen+ as wat Jesus op aarde gedoen het
  4. die geur van God kan versprei en lig en sout vir die wȇreld kan wees
  5. die outoriteit het om oor die aarde te heers.

Slotsom 

Die vraag is: “Glo jy soos God glo?  Glo jy dat God werklik is wie Hy sȇ Hy is. En glo jy dat jy alles is wat God van jou glo?

Alle skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders aangedui.