
Ontvang die Helige Gees
ONTVANG DIE HEILIGE GEES
Nadat Jesus Sy volgelinge, tot hulle ontsteltenis, in kennis gestel het dat Hy hulle binnekort gaan verlaat, sê Hy dat dit tot hulle voordeel sal wees. Die Heilige Gees sal by hulle kom bly. (1 Joh 16:7).
Talle Ou Testamentiese profete het die oor uitstorting van die Heilige Gees geprofeteer. Die vervulling van hierdie hierdie belofte, is opgeteken in Handelinge 2:1-24.
Wat was die doel met die uitstorting van die Heilige Gees?
- Dat gelowiges KRAG sal ontvang (Hand 1:8).
- Vir gelowiges om Sy getuies te wees (Hand 1:8).
- Dat Hy ons sal lei in die waarheid (Joh 16:13).
- Om Jesus aan ons te openbaar (Joh 16:14).
- Sodat ons in die gawes van die Gees kan beweeg (1 Cor 12-14).
- Sodat ons die vrug van die Gees in ons lewens sigbaar sal wees (Gal 5:22-25).
- Dat ons as volwasse volgelinge in die Heilige Gees kan leef (Rom 8).
Wie is die Heilige Gees?
Die drie Eenheid bestaan uit die Vader, die seun en die Heilige Gees (Matt 28:19). Hy is ‘n persoon, en nie bloot ‘n krag of ‘n invloed nie.
Wil die Heilige Gees by en in ons wees?
Jakobus 4:5 verklaar dat Hy daarna verlang om in ons te wees, en dat die Vader dit ook so wil hê! Ons kan nie Sy teenwoordigheid verdien nie.
Wie kan die Heilige Gees ontvang?
Hierdie belofte van die Heilige Gees is vir almal wie Jesus aanneem (Hand 2:39).
Is dit noodsaaklik om Hom te ontvang?
Dit is absoluut noodsaaklik om Hom te ontvang in jou lewe. Verwys na die lesing oor bekering en wedergeboorte, en sien hoe dit deel vorm van die saligheidsplan.
In der waarheid kan jy nie aan Jesus behoort, as jy nie die Heilige Gees ontvang het nie (Rom 8:9).
Hoe ontvang jy die Heilige Gees?
Jesus antwoord hierdie vraag in Johannes 7:37-39, “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na my toe kom en drink! Hy wat in my glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het HY gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nie verheerlik was nie.” AOV
Jesus, die Doper van die Heilige Gees gee self die stappe:
- Dors
- Gaan na Jesus toe
- Drink
- Glo
Jy moet dit begeer en daarna verlang.
Gaan na Hom in gebed en vra dat Hy jou, in ooreenstemming met Sy Woord, in die Heilige Gees sal doop. Wanneer jy tot Hom nader in lofprysing en aanbidding, ontvang dit wat jy ervaar Hy vir jou wil gee. Sou jy dit verkies, kan jy iemand wat reeds in die Heilige Gees gedoop is, vra om jou by te staan. Jy kan ‘n geestelike leier vra om jou in ooreenstemming met die Woord, hande op te lê en te bid vir die doop.
Vra die Here om jou geloof in Sy Woord te versterk. Neem die geloofsbesluit om onvoorwaardelik in Hom te glo. Hy belowe dit, jy glo dit, jy pas dit toe, en dit is afgehandel. Indien jy dit nie onmiddelik ervaar nie, nader Hom weer met vreugde en verwagting in jou hart, wetende dat jy een stap nader is om die belofte te ontvang.
Hy IS getrou, Hy bedoel wat Hy sê (2 Kor 1:18)!
Hoe sal jy weet dat jy gedoop is in die Heilige Gees?
Jy sal weet!
In meeste gevalle, het die mense in vreemde tale begin praat. Lees die volgende tekste as bewys:
- Op Pinksterdag: Hand 2:1-8 Hulle het in ander tale begin praat soos die Gees hulle gelei het
- In Samaria: Hand 8:5-24 Wonderwerke het deur die dissipels plaasgevind
- In Damaskus: Hand 9:17-19, 1 Kor 14:18 Saulus kom weer sien en is met die Heilige Gees vervul
- In Ceserea: Hand 10:44-48 Die Heilige Gees is op die nie-Jode uitgestort
- In Efese: Hand 19:1-7 ‘n Groepie gelowiges is gedoop en met die Heilige Gees vervul
Lees ook in Korintiërs 12 en 14 hoe die verskillende gawes van die Heilige Gees, in Gees-vervulde mense se lewens werk.
Jou geloofslewe sal verdiep. Jy sal Jesus as ‘n groter werklikheid ervaar. Jy sal ‘n effektiewe getuie vir Jesus word. Jy sal ‘n afkeer in sonde hê. Jy sal mense liefkry en jou hart sal versag. Uiteindelik sal jy groei in geestelike volwassenheid.