Praat altyd goed van God

Studie #24

Hoekom is dit belangrik om altyd goed van God te praat?

Alte dikwels hoor ‘n mens: “Hoekom het die Here dit in my lewe toegelaat?” of “Hoekom het die Here dit aan my gedoen?”.

Op hierdie manier bring ons God se goedheid en almag onder verdenking en skaad dit ons geloof in Hom – ongeloof wat tot bitterheid en uiteindelik tot afvalligheid kan lei.

Hoor hoe mooi verduidelik die profeet Maleagi hierdie vraag aan ons:

16Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is ‘n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam. 17 Hulle sal vir my ‘n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp, sȇ die Here die Almagtige. Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand wat goed is vir sy seun wat vir hom werk. 18 Dan sal julle weer die verskil sien tussen wie goed doen en wie goddeloos is, tussen wie My dien en wie My nie dien nie.” 

Maleagi 3:16-18

“Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale.” 

Maleagi 4:2

Die Here ag dit kosbaar wanneer ons goed praat van Hom, want dit bewys dat ons ons aan Hom onderwerp. Dit is ‘n bewys dat ons Hom vertrou en Sy vaderhart probeer verstaan, al maak dinge nie vir ons sin nie.

In 2 Kronieke 32 lees ons as volg:

16Die boodskappers het nog dinge gesȇ teen God die Here en teen sy dienaar Hiskia. 17Sanherib het ook briewe geskryf waarin hy die Here die God van Israel gehoon het en dinge teen Hom gesȇ het…. 18Om die mense van Jerusalem wat op die mure was, bang te maak en hulle die skrik op die lyf te jaag, sodat die Assiriȅrs die stad kon inneem, het die boodskappers hard in die Judese taal geroep 19en oor die God van Jerusalem gepraat soos oor die gode van die volke van ander lande, gode wat die werk van mensehande is.20Koning Hiskia en die profeet Jesaja het daarom gebid en na die hemel geroep. 21Toe stuur die Here ‘n engel, en dié het elke soldaat en leier en offisier in die kamp van die koning van Assiriȅ doodgemaak….22So het die Here vir Hiskia en die inwoners van Jerusalem gered uit die mag van koning Sanherib – die Here het sy volk aan alle kante beskerm. 23Baie mense het vir die Here in Jerusalem offers gebring en kosbare geskenke vir koning Hiskia van Juda, wie se aansien onder die nasies hoog gestyg het na die gebeure.”

2 Kronieke 32:16-23

“…God is vir ons, wie kan teen ons wees?” 

Romeine 8:31

Slotsom

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sȇ die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! 12Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. 13Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.  

Jeremia 29:11-13

Dank Hom altyd; bid, bely en verkondig die goedheid van ons Vader, want dit is wie Hy is.

Alle skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders aangedui.