
Twisvrae
Studie #22
Wat is ‘n twisvraag?
Dit is ‘n nie-essensiële vraag oor enige onderwerp wat geen betekenisvolle effek op die geestelike groei en volwassenheid van ‘n gelowige het nie.
Die strategie van die vyand is om gelowiges se aandag en tyd te rangeer na sulke sake om verdeeldheid te bring, en om hulle fokus van Jesus af weg te lei.
“Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinneloos.”
Titus 3:9
“Lȇ jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.”
2 Timoteus 2:15
Bogenoemde twee skrifte waarsku ons teen twisvrae en moedig ons aan om onsself tot beskikking van God te stel en die Woord suiwer te verkondig. Daar is ‘n Engelse gesegde wat lui: “The main thing is to keep the main thing the main thing”.
Paulus stel dit so mooi:
“Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.”
1 Korintiërs 2:2
Jesus is die oorwinnaar oor sonde en dood, en in Hom is ons meer as oorwinnaars. Dit is die belangrikste saak vir ons as gelowiges. Dit is die Evangelie van Jesus Christus. Dit is wat ons moet verkondig en leef.
“In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here.”
1 Petrus 3:15
Slotsom
Fokus op Hom. Hy is ons lewe, die Brood van die Lewe. Hy is ons ALLES!
“Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hȇ aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood.”
Filipense 3:10
Alle Skrifgedeeltes is uit die 1983 vertaling aangehaal tensy anders aangedui