Uitverkiesing, ja of nee?

Studie #2

Vraag

Het God sekere mense, van voor die grondlegging van die wȇreld af, uitverkies om verlore te gaan of gered te word, sonder dat die mens ‘n keuse daarin het?

Antwoord 

Nee, die Bybel is duidelik daaroor dat God die mens ‘n keuse gee en dat Hy wil hȇ dat almal gered moet word.

Hierdie lering strook nie met die Evangelie van Jesus Christus nie, soos duidelik uit die volgende skrifgedeeltes blyk:

“So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hȇ dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”

1 Timoteus 2:4

“God het die wȇreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat diέ wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hȇ.”

Johannes 3:16

Beide die Ou en Nuwe Testament leer deurentyd van die mens se keuse

19Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe. 20Om die Here jou God lief te hȇ, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met ‘n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het.” 

Deuteronomium 18:19-20

Esegiël 18:23-32 het ‘n soortgelyke boodskap. Ek het ‘n paar verse uitgelig vanuit hierdie skrifgedeelte: 

23Dit is beslis nie my wil dat die goddelose moet sterf nie, sȇ die Here my God, dit is my wil dat hy hom bekeer van sy verkeerde dade en dat hy bly lewe. 24En as iemand wat altyd my wil gedoen het, ophou om dit te doen en onreg pleeg en die afskuwelike dinge doen wat die goddelose doen, sal hy nie bly lewe nie. Nie een van die goeie dinge wat hy gedoen het, sal in sy guns tel nie, want hy het ontrou geword…. 30Ek gaan julle oordeel, elkeen volgens sy eie optrede,” sȇ die Here my God. “Bekeer julle, bekeer julle van al julle oortredings, sodat die sonde nie julle val bewerk nie. 31Laat vaar al julle oortredings en kry ‘n nuwe gesindheid, ‘n nuwe gees. Waarom wil julle sterf? 32Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sȇ die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”

Kies die lewe, kies om gered te word!

Esegiël 18:23-24, 30-32

God is liefde. Hy is regverdig

1 Johannes 4:7-19 praat ook van hierdie eienskappe van God. Ek beklemtoom die volgende verse vanuit hierde gedeelte:

10Werklike liefde is dit: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes…. 16God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom…. 19Ons het lief, omdat God ons eerste liefgehad het.”

1 Johannes 4:10, 16 en 19

God se liefde en karakter word deur Jesus aan ons vertoon. Dit is ‘n volmaakte liefde wat sondaars uitnooi om Hom te aanvaar.

Die uitverkiesingsleer strook ook nie met die vaderhart van God nie

In Lukas 15:11-32 is die skrifgedeelte oor die gelykenis van die verlore veun opgeteken.  Ons fokus op die vader, sodat ons ‘n beter begrip van die vaderhart van God kan kry:

20Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom…. 22Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom skoene aan! 23Bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en fees vier.”

Lukas 15:20, 22-23

Slotsom

Vader het ons eerste liefgehad en daardeur is ons instaat om Hom terug lief te hȇ. Kies vandag om Jesus te aanvaar en Hom lief te hȇ.

Alle Skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal.