Vergenoegdheid

Studie #9

Wat is vergenoegdheid? 

Vergenoegdheid is ‘n besluit om gelukkig te wees in alle omstandighede.

“Ek het die geheim geleer om in alle omstandighede en in elke situasie vergenoegd  te wees.”

Filippense 4:11-12 (vry vertaal uit die Engelse NIV vertaling)

Vergenoegdheid spruit uit ‘n gesindheid van dankbaarheid en is van groot waarde om ons teen oordeelsfoute te beskerm, soos byvoorbeeld om rykdom na te jaag. Vergenoegdheid behoort nie beȉnvloed te word deur ‘n strewe na meer en beter nie.

“Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.”

Psalm 100:4-5

Lofprysing is ‘n kragtige wapen teen onvergenoegdheid. Om die Here te loof en te prys is ‘n opdrag wat die geleentheid skep om ons dankbaarheid vir sy oneindige goedheid uit te basuin. Vergenoegdheid bring rus vir jou siel – ‘n rus wat diep gaan lȇ.

Omdat die Israeliete so dikwels teen God gekla en gemurmureer het, het net twee persone, Joshua en Kaleb, saam met die jong geslag die Beloofde Land in besit geneem.

23Nie een van hulle wat teen My gemurmureer het, sal die land sien nie…. 29In hierdie selfde woestyn sal die lyke bly lȇ van die wat teen My in verset gekom het.”

Numeri 14:23,29.

Wat ek is, is net genade, wat ek het, is net geleen.

Eintlik smag ek na U waters van rus.

Lei my Heer vanaand daarheen.”

Gebed – Koos du Plessis.

Alle Skrifverwysings uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders gemeld.