
1. Inleiding
Om Jesus Christus as jou persoonlike Saligmaker aan te neem, was die belangrikste besluit van jou lewe! Baie geluk!
Nou begin ‘n opwindende en lewenslange reis met Jesus! Sefanja 3:17 verklaar: “Hy is vol vreugde oor jou. Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.”
Die doel van hierdie kursus is om jou te help, om ‘n persoonlike en intieme verhouding met God te hê.
Dit is my passie om jou op hierdie reis te vergesel. Kol 1:28b-29 lees: “Hom verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring. Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk.”
Hoe doen jy dit?
Hierdie inleidende kursus bestaan uit die volgende temas:
- Inleiding
- Die Bybel
- Gebed
- Bekering / Wedergeboorte
- Doop van die gelowige
- Ontvang die Heilige Gees
- Gemeenskap van die Gelowiges
Ek vertrou dat jy die kursus leersaam en behulpsaam sal vind. ‘n Opvolgkursus sal binnekort ook beskikbaar wees.
Jy kan enige tyd kontak maak deur middel van ‘n epos of ‘n gebedsversoek. Ek hoor graag van jou!