
Is hulle verlore?
Studie #23
Wat van die mense wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?
Die antwoord op hierdie vraag, lȇ ten diepste in die waarheid van die Vaderhart van God.
4“God wil hȇ dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus 6wat Homself as ‘n losprys vir almal gegee het. Dit was die bewys van die bedoeling van God.”
1 Timoteus 2:4-6
Die Vaderhart van God is dat almal gered moet word. Hy het ons almal ewe lief en het eens en vir altyd vir almal gesterf.
“Van die skepping van die wȇreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie.”
Romeine 1:20
“14Wanneer heidene wat nie die wet het nie, tog vanself dinge doen wat die wet vereis, is hulle vir hulleself ‘n wet al het hulle nie die wet nie. 15Die optrede van sulke mense bewys dat die eise van die wet in hulle harte geskrywe staan. Ook hulle gewetens getuig daarvan wanneer hulle in ‘n innerlike tweestryd deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word.”
Romeine 2:14-15
Hieruit blyk duidelik dat elkeen ‘n regverdige kans sal hȇ om God te ervaar. Ons hoef net na die natuur rondom ons te kyk, om sy werke te sien. God is regverdig en sal sorg dat elke mens ‘n regverdige kans op redding sal kry. Elke mens weet ten diepste wat reg en verkeerd is en word deur sy gewete aangekla of vrygespreek.
Dit bly egter elke mens se keuse wat hy daarmee gaan maak. Volgens sy geloof in wat reg en verkeerd is en sy onderhouding daarvan, sal elke mens regverdig beoordeel word.
In Handelinge 10 lees ons van Cornelius, die Romeinse offisier. Hy het God geȅer en daarvolgens opgetree en geleef. Op grond daarvan het die Heilige Gees Petrus gelei om die boodskap van Jesus vir hom en sy hele familie te bring. Almal het op daardie dag tot redding gekom en is gedoop. Dit is hoe ons God is. Dit is sy hart vir elke mens.
Slotsom
Hieruit kan ons aflei dat selfs dié wat nog nooit die boodskap van verlossing gehoor het soos ons dit ontvang het nie, nogsteeds regverdig deur God geoordeel sal word.
“Vandag as jy sy stem hoor, moet nie hardkoppig wees nie.”
Hebreȅrs 3:15 en 4:
(Hierdie teks word twee keer binne die bestek van ‘n paar tekste herhaal – neem kennis)
Alle Skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders aangedui.