
Ontevredenheid (met wie ek is)
Studie #10
Wanneer ons tot wedergeboorte kom, is ons babas in die gees:
- Ons geloof is min of beperk.
- Ons kennis van die Woord is onvoldoende.
- Ons kennis van die Heilige Gees is uiters beperk.
- Ons ervaring van die dinge van die Here is minimaal.
- Ons geestelike karakter is onvolwasse.
Met al bogenoemde beperkinge behoort ons ontevrede te wees, maar dankbaar dat ons gered is, ten volle bewus daarvan dat ons nou in alle opsigte tot geestelike volwassenheid kan groei.
Ons is nou reeds erfgename van al die beloftes van God waarvan ons in die Woord lees, maar omdat ons nog kinders in die gees is, kan ons nog nie die beloftes opeis nie. Hiervan lees ons in Galasiȅrs:
“Solank ‘n erfgenaam nog minderjarig is, verskil sy posisie nie werklik van die van ‘n slaaf nie, al behoort die hele erfenis aan hom. Tot die dag wat sy pa bepaal het, staan hy onder toesig van voogde en word sy besittings deur bestuurders beheer. So is dit met ons. Toe ons nog geestelik onvolwasse was, was ons slawe. Maar, toe die tyd aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur om ons wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word. En omdat ons Sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba Vader.” Nou is jy nie meer ‘n kind nie, jy is nou ‘n seun van God. En omdat jy ‘n seun is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.”
Galasiërs 4:1-7 (vry vertaal)
Die volgende vers verduidelik dit:
Dié wat deur die Gees van God gelei word, word die seuns van God genoem.
Romeine 8:14
Slotsom
Al die beloftes is nou tot ons beskikking en namate ons geestelik groei, kan ons elke belofte van God afbid. Wat ‘n heerlike avontuur om daagliks te groei, sodat ons die volle erfenis kan opeis.
Alle Skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders gemeld