Ware aanbidders

Studie #34

Wat is aanbidding?

Dit is om uiting te gee aan intense liefde, respek en ontsag vir wie ons hemelse Vader is.

23Maar daar kom ‘n tyd en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hȇ dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen. 24God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.”

Johannes 4:23-24

Wat beteken dit om Hom in Gees en waarheid te aanbid?

Paulus sȇ in 1 Korintiȅrs 2:14 dat mense wat nie die Gees van God het nie, nie die dinge van die Gees kan verstaan of onderskei nie. Dus, om Hom in Gees en waarheid te aanbid, moet ek vervul wees met Sy Heilige Gees. Die Heilige Gees lei my dan in die waarheid, dus, om meer van God te begin verstaan. Om Hom te waardeer, om die omvang van sy redding en liefde dieper te begin verstaan en te begryp.

Hierdie Geeswaarheid, bring my dan op die plek waar ek Hom aanbid vanuit my gees wat reageer op wie Hy is, wat Hy is en die wonder van Sy persoon. Nou kan ek Hom nie anders aanbid as deur die Gees wat in my gees woon nie. Hier in Sy teenwoordigheid aanbid ek Hom in waarheid, sonder enige bymotiewe, ongeag van wat Hy vir my doen, of nie doen nie. Dit is ware aanbidding.

“Al wil Hy my ombring, ek hoop op Hom…”

Job 13:15 (1933 vertaling)

Hierdie is die mense na wie die Vader soek, dié wat Hom werklik liefhet. Is dit nie die kern van ware liefde om iemand onvoorwaardelik lief te hȇ nie?

Slotsom

“…’Jy moet die Here jou God liefhȇ met jou hele hart, met jou hele siel en met jou hele verstand.”

Matteus 22:37

17Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, 18nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.”

Habakuk 3:17-18

Al die Skrifte is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders vermeld.