Leef vir vandag

Studie #5

Indien ons dit toelaat, kan ons twee rowers in ons lewe hȇ:

  1. Gister (verlede)
  2. More (toekoms)

Gister

Gister is egter verby en ons kan niks verder daaraan doen nie. Paulus het die volgende daaroor te sȇ:

“Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.”

Filippense 3:13

Indien ons dit in moderne idioom kon vertaal, sou ons kon sê:

Ek maak my los van die negatiewe effekte van gister.”

Om los te maak van gebeure wat in die verlede lȇ, is ‘n doelbewuste besluit. Indien ‘n mens versuim om dit te neem, sal jy geestelik lamgelȇ word en sal jou lewenskwaliteit negatief daardeur beȉnvloed word. Maak los! “Let go!”

More

Net so kan bekommernis oor more ook ‘n mens se lewensvreugde steel:

14…Vandag of môre sal ons na dié of dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly… 14Julle wat nie eers weet hoe julle lewe more sal wees nie!…”

Jakobus 4:13-14

“Moet julle dus nie oor more bekommer nie, want more bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

Matteus 6:34

Vandag

Hy beloof ons, dat Sy genade elke dag nuut, vars en genoeg is.

22Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke more nuut….”

Klaagliedere 3:22-23 

“Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp!”

Psalm 68:20

Slotsom

Maak die beste gebruik van elke dag. Leef voluit!

Al die Skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal tensy anders vermeld.