My sterfdag is vooraf bepaal

Studie #37

Is hierdie stelling korrek?

Nee, stellig nie.

“Moenie aanhou verkeerd doen nie, moenie dwaas wees nie; waarom voor jou tyd doodgaan?”

Prediker 7:17

Hier word twee stellings gemaak:

  1. ‘n Mens het wel ‘n vasgestelde sterfdag.
  2. Hierdie tyd kan deur dwase optrede vervroeg word.

“Wie die Here dien. lewe lank; wie sonder Hom lewe, se lewensjare is min.”

Spreuke 10:27

“Hulle is weggeruk voor hulle tyd: die dinge waarop hulle gebou het, is deur ‘n stroom meegesleur.”

Job 22:16

Hierdie skrifte herinner my aan ‘n koortjie wat ons as kinders gesing het:

Die wyse man bou sy huis op die rots.

Die reën val neer en die vloed styg op

En die huis op die rots staan vas.

Die dwase man bou sy huis op die sand

Die reën val neer en die vloed styg op

En die huis op die sand val plat.

“Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy ‘n lang lewe hȇ en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee.”

Deuteronomium 5:16

Hierdie is die enigste gebod met ‘n belofte! Hoewel ons aardse vaders en moeders nie perfek is nie, word hierdie feit nie eers in God se opdrag en belofte genoem nie. Nee, gehoorsaamheid aan Sy opdrag is voldoende om Sy seën in ons lewens te bring, om ‘n lang en gelukkige lewe te lei. Hierin lȇ die misterie van wysheid!

10Wysheid begin met die dien van die Here: wie die Heilige ken, het werklik insig. 11As jy wysheid het, sal jy lank lewe, jou lewensjare sal vermeerder word. 12As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan; as jy ‘n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las.”

Spreuke 9:10-12

Slotsom

“Die wysheid gee met die een hand ‘n lang lewe en met die ander rykdom en eer. Die wysheid bring ‘n ryk en ‘n vol lewe. Dit is die bron van lewe vir wie dit aangryp.”

Spreuke 3:16-18

Die Bybel sien ‘n lang lewe as ‘n seën uit die hand van die Here. Ons het ‘n groot rol te speel in die verloop en duur daarvan. Kies wysheid!

Alle Skrifverwysings word uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders vermeld word.