
‘n Rein hart
Studie #35
Is dit belangrik om ‘n rein hart te hȇ?
“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.”
Spreuke 4:23
“Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
Lukas 6:45
8“Maar U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.”
Psalm 51:8
Wanneer die Bybel praat van die hart van die mens, verwys dit na die diepste bewussyn van die mens – wie en wat die mens regtig is. Hierdie bewustheid beïnvloed ons optrede, denke en emosies.
Ons fokus dikwels op simptome soos onrein gedagtes, negatiewe emosies en begeertes, wanneer ons probeer om onsself te verbeter, maar ware verandering lȇ in die vernuwing, verandering en herskepping van die hart. Dan sal ons gedagtes, emosies en begeertes in lyn kom met die oortuiging van die nuwe hart.
“26Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee. 27Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.”
Esegiël 36:26-27
Die krag van die Heilige Gees word hierin gedemonstreer. Hy skep vir ons ‘n nuwe hart, ‘n rein hart, ‘n skoon hart. Net Hy kan dit doen. Eers as ons Hom vra en toelaat om dit te doen, kan ons werklik verander!
“Die mense in Berea was ontvankliker as dié is Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sȇ.”
Handelinge 17:11
“Die saad wat in die goeie grond val, dui op dié wat die woord met ‘n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”
Lukas 8:15
Hier in die Gelykenis van die Saaier, word die hart met grond vergelyk. Die toestand en kwaliteit van die grond sal die grootte en kwaliteit van die oes bepaal, al bly die saad dieselfde. ‘n Opregte hart sal goeie vrug dra.
“Skep vir my ‘n rein hart, O God, vernuwe my gees en maak my standvastig.”
Psalm 51:12
Alle skrifverwysings is uit die 1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders aangedui.