Na Sy beeld en gelykenis – deel 3

Studie #40

Om te leef soos Hy leef

“Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie….”

Kolossense 1:15

“…Wie My sien, sien die Vader….”

Johannes 14:9b

Jesus het vir ons die onsienlike God kom wys. Hy demonstreer hoe God werklik is en wat Hy doen.

Hoe het Hy op aarde geleef?

18Die Gees van die Here is op my, omdat Hy my gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het my gestuur om dié wat verbryseld van hart is te genees; om aan die gevangenis vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om dié wat gebroke Is, in vryheid weg te stuur; 19om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”

Lukas 4:18-19

“Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet weg.”

Mattheus 10:8

  1. Jesus het gekom om die Koninkryk van God op aarde te vestig.
  2. Hy bring versoening tussen God en die mens.

Wat is God se opdrag aan ons?

37Jy moet die Here jou God liefhȇ met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhȇ soos jouself.”

Matteus 22:37-39

Liefde het niemand nog ooit enige skade berokken nie. Met ons fokus op Jesus, kan ons Sy hande en voete hier op aarde wees. Ons kan Sy Koninkryk hier help vestig en versoening tussen God en mense bewerkstellig. Ons kan siekes gesond maak, dooies opwek en duiwels uitdryf! Ons kan goed doen aan alle mense.

Slotsom

“Wie in My glo sal ook hierdie dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.”

Johannes 14:12

Wat ‘n wonderlike belofte! Dit stel ons in staat om Sy beeld en gelykenis op aarde te wees.

Alle Skrifverwysings word uit die1983 vertaling aangehaal, behalwe waar anders aangedui.