Wees geseënd

Studie #15

“Dit is dié wat glo, wat saam met die gelowige Abraham geseën word.”

Galasiërs 3:9

Wat beteken dit om geseënd te wees?

Om geseënd te wees word onder andere in die Bergpredikasie in Mattheus 5:3-12 omskryf. Hier volg verdere moontlike betekenisse soos uit die Grieks en Hebreeus vertaal:

  1. Om geestelik volwasse en voorspoedig te wees.
  2. Om gelukkig te wees.
  3. Om vergifnis te ontvang.
  4. Om deur God se genade versterk te word.
  5. Om innerlike vrede te beleef.
  6. Om vrygespreek te wees.
  7. Om gerespekteerd te wees.
  8. Om blymoedig, hoopvol en positief te wees.
  9. Om bewus te wees van God se liefde, trou, goedheid en teenwoordigheid.
  10. Om vergenoegd te wees.
  11. Om kalm, rustig en onversteeurd te leef.
  12. Om seker te wees van God se beloftes.
  13. Om passievol lief te wees vir God, vir mense, vir jouself en die lewe.

Hierdie is ‘n paar beskrywings van wat dit beteken om ‘n geseënde van die Here te wees.

“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.”

Efesiërs 1:3

Slotsom

Ons hemelse Vader vind vreugde daarin om Sy kinders te seën. Neem hierdie waarheid ter harte: “Ek is die geseënde van die Here.”

Alle Skrifgedeeltes is uit die 1983 vertaling aangehaal, tensy anders vermeld